Ankia Myburgh

Meisieskool Oranje

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is deur Casper Bosman van Casper Bosman Studio’s in Bloemfontein gemaak.Dit is ‘n roosgoue rok wat pêrels en sequins het wat met die hand geborduur is. Dit is ń rok wat styf sit tot by my middel en dan net langs my lyf val. Daar is ń slit aan die regterkant van die rok wat tot in die middel van my bobeen gaan. Die rok word met 20 knoppies aan die agterkant vasgemaak. Die rok het ń lae V-nek en ń lae rug. Die bandjies het pêrels en sequins op ,wat met die hand geborduur is. Die rok het ń pragtige sleep wat op die laaste knoop gehang kan word indien daar gedans word.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag ń elegante,gemaklike en gesofistikeerde rok gehad het. Ek wou nie dieselfde kleur,patroon of styl as enige iemand by die matriekafskeid gehad het nie. Die rok pas 100% my by persoonlikheid. Stylvol,gemaklik,minimalisties maar steeds genoeg om ń “statement “ te maak. Ek wou baie graag my natuurlike krulhare beklemtoon so dit is hoekom ek besluit het om die rug bietjie laer te maak. Ek hou van detail. Dit was die inspirasie vir die pêrels en sequins wat met die hand geborduur is.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok is die pêrels en sequins wat op die bandjies en al langs die V-nek geborduur is.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media