Ankia Bosman

Hoёrskool Durbanville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou 'n eenvoudige snit met 'n stylvolle oop rug gehad het wat mooi vloei soos ek beweeg. Die gedetaileerde materiaal, wat uit 'n kraletjiepatroon bestaan en al hoe meer word na onder, het die eenvoud van die snit treffend gemaak. Die "gores" wat ingewerk is, het my rok verbreed aan die onderkant en met die detail van die materiaal het ek my gewensde vloeiende effek verkry.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoёrskool Durbanville

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Lank voordat ek besluit het op my ontwerpkeuse, het ek geweet ek wil 'n elegante rok hê. Ek wou 'n stylvolle en vloeiende rok gehad het wat my komplementeer. Daarby moes die rok ook gemaklik wees sodat ek lekker kon dans en die aand ten volle kon geniet het sonder om heeltyd iets reg te trek.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Eintlik het ek van my rok as 'n geheel gehou omdat al die fasette mekaar komplementeer, maar my oop rug was definitief iets besonders. Dit is eenvoudig, maar tog uniek met die twee bandjies wat 'n 'v' vorm om alles in plek te hou en het ook so bygedra tot die elegansie van my rok.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media