Anke Pienaar

Hoërskool Rustenburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok moes gesofistikeerd, elegant en sjiek wees. Die blou sjiffon materiaal van my een skouer, oop rug noupasende rok, was spesiaal uitgesoek. Die kraletjies handgewerk in 'n unieke styl en ontwerp, en die Swarovski kristalle een vir een perfek geplaas. Die hoë spleet het beslis ook 'n stelling gemaak. Die afhaalbare oorrok het 'n sagte voorkoms geskep vir die rooitapyt en 'n sjiek voorkoms vir die onthaal.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, te Airspan Executive Airport, Rustenburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok was 'n foto wat ek gesien het op 'n Instagram plasing van die wêreldbekende ontwerper Zuhair Murad. Ek het onmiddellik geweet dat my rok deur niemand anders as die plaaslike ontwerper, Jolache Couture gemaak moes word. Jolandie en haar span is absoluut fenomenaal in die skep van elegante ontwerpe wat uniek en tydloos is. Die eindresultaat was inderdaad 'n rok wat uniek ontwerp is met wêreldklas kundigheid en kreatiwiteit, wat my verwagtinge by verre oorskry het!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gunsteling deel van my rok was dat dit ontwerp was om my figuur te vlei, om nie eens te praat van die Steve Madden hakke wat die prentjie perfek voltooi het nie! Van die mees fantastiese kleur blou tot die handgewerkte kraletjies en perfek geplaasde Swarovski kristalle! Dit kon nie meer perfek gewees het nie. Ek het gereed gevoel vir Hollywood se rooitapyt!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media