Anke de Goede
Durbanville Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Geliefd
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou n matriekafskeidrok gehad het, waarin ek myself kon wees.
Ek was nooit n meisie vir eksentrieke of dramatiese style nie, maar liewers 'n styl wat gesien word as eenvoudig, sjiek en elegant.
Met Tannie Riette wat saam met ons materiaal kom uitsoek het, het ons 2 kleur lappe gekry waaruit ons n omkeerbare dubbel kant rok ontwerp het. Die lap het nie net vir my selfvertroue gegee nie, maar ook my blou oë en ligte porselein vel laat uit staan.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok het vir my gewys dat jy kan uitstaan sonder om n groot stelling te probeer maak.
Ek wil ook met my matriekafskeidrok wys dat jy nie hoef hope geld uit te haal om n mooi rok te ontwerp nie, maar ekonomies effektief kan wees om n rok te ontwerp wat jy weer vir ander formele funksies kan dra.
Die rok het nie net vir my meer selfvertroue gegee nie, maar ook die geleentheid gegee om myself uit te straal op 'n nuwe manier.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-02