Anka Crous

Dirkie Uys Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het van die begin geweet ek soek iets uniek, iets wat jy nie in enige winkel sal kan kry nie, en iets wat by my persoonlikheid pas. Ek het 'n winkel besoek om so 'n paar style aan te pas, en die 2de rok wat ek aangepas het, het ek geweet dit is die tipe styl wat ek soek, maar met my unieke materiaal wat ek ingedagte gehad het en met die hulp van 'n plaaslike ontwerper kon ek my droomrok kry vir my matriekafskeid, alhoewel die eindproduk glad nie eens gelyk het soos daardie styl wat my keuse was nie - dit was soveel mooier.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Dirkie Uys Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vandat ek begin dink het aan my matriekafskeid , het ek 'n prentjie van blomme in my kop gehad. Ek weet nie eers hoe dit by my opgekom het nie, maar ek het net die rok in my gedagtes gesien en toe moes ek dit 'n werklikheid maak. Ek wou my matriekafskeid rok en materiaal uniek hê en iets wat my persoonlikheid perfek uitbeeld. Toe ek my idee met my ma deel het sy vir my 'n gedrukte servet gewys van een van ons plaaslike besighede Swier. Ons het hulle gaan sien en hulle het die ontwerp uit hul argief gaan haal vir my en dit herdruk vir my rok. Die eindproduk, alles wat ek oor gedroom het!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Absoluut alles! Dit is nie vir my moontlik om een deel van my rok as my gunsteling te ag nie. Ek sien my rok as 'n showstopper, die verskillende blomme is absoluut asemrowend. My rok is uniek aan my en my persoonlikheid. Toe mense my rok vir die eerste keer sien, het hulle dadelik gesê dit is so Anka, en dit is presies wat ek wou gehad het. Ek wou 'n rok gehad het wat my persoonlikheid perfek pas en my beskryf. My rok het my soveel selfvertroue gegee, omdat dit soos ek gevoel het, en ek het net aan die wêreld bietjie meer van myself gewys.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media