Anjune Coetzee

Hoerskool Garsfontein

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Rooi satyn rok met 'n bardot-neklyn. Daar is swart kant en kraletjies aan die bo-kant op die satyn vas gewerk. Die onderkant van die rok is wyd met swart net bo-oor die rooi satyn en kant wat op die net vas gewerk is.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoerskool Garsfontein

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd gedroom van 'n wye matriekafskeidrok. Maar ek het gesukkel om te besluit op 'n kleur. Tot ek op 'n dag by my ouma gaan kuier het en die rose in haar tuin raakgesien het. Dit was dieprooi met 'n tikkie swart. My ma het nog altyd gese rooi pas mooi by my gelaatskleur en dadelik het ek besef dis die kleur wat ek my rok moet maak. Die swart net bo-oor die rooi satyn gee die rooi daardie mooi dieprooi kleur, met die swart wat sagtheid in bring en meer vroulik lyk.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die hele rok as geheel was vir my besonders maar ek hou baie van die "two-tone" effek van die swart kant op die rooi satyn.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media