Anjé Horst

Hoërskool Dr. E.G. Jansen

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Dr. E.G. Jansen

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was oorspronklik een van Mej. SA 2023 se rokke. Ek wou graag ‘n rok hê wat selfvertroue weerspieël en wat wys dat ek gemaklik is in my eie styl. Lizan van Lizan Zondagh Couture het my droomrok in ‘n realiteit verander. Die rok is sonder twyfel ‘n weerspieëling van die mens wat ek is, sag maar sterk!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Sjoe! Om een gunsteling deel van my rok te kies is moeilik. Die detail op die bolyf – die manier waarop die glinsterende steentjies lig vang gee dit ‘n elegante gevoel. Die korset-bolyf – het die perfekte balans tussen styl en selfvertroue geskep. Die materiaal – die manier wat dit in die lig skitter en beweeg is een van my gunsteling dele, dit het gevoel of ek in kleur en lig gehul was.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media