Anja Smit

Hoërskool Despatch

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is n sagte sjampanje kleur, met n korset wat n blaremotief op het. Dit is vleiend en beklemtoon my klein middel. Effe deurskynend. My romp gedeelte vloei saggies oor my heupe en met die hulp van lig of son skitter dit baie mooi. In die romp is daar ook n effense sleet en natuurlik die ruggedeelte is perfek met die mooiste knopies wat dadelik aandag trek.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Despatch

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was absoluut om my persoonlikheid uit te beeld asook met die hulp van Pinterest en my ontwerper. Eenvoudig, stylvol en grasieus. Die bling in my romp is my opgewekte persoonlikheid. Ek glo aan minder is mooi. Die lyne wat my nog langer laat vertoon. Dit was beslis my droomrok, mooier as wat ek my kon indink.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel was beslis my korset gedeelte wat natuurlik my rugkant insluit.

Datum van matriekafskeid?

2023-08-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media