Anja Mari Nel

Rhenish Girls’ High School

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My droomrok is ontwerp deur Geneviève Atelier in Stellenbosch. Die lyf stuk bestaan uit ń korset, die bors gedeelte word saggies geknyp om ń skulp-vorm te maak. Die onderste deel van die rok, het vier lae lap wat gekomplimenteer word met “horsehair” aan die onderkant van elke stuk wat ń gelaagde styl vorm.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Rhenish Girls’ High School

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag ń stylvolle rok dra wat niemand al gesien het nie. Ek was geïnspireer deur die Spaanse rokke wat helder rooi kleure het met lae wat bymekaar kom aan die onderste deel van die rokke. Ek is mal oor die dik bande “horsehair” wat talle lae skep en die diep pienk kleur wat my donker gelaatskleur komplimenteer.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was hoe dit saggies rond geswaai het terwyl ek beweeg het en ń magiese atmosfeer skep. Die rok lyk nie soos die gereelde Matriekafskeidrok nie en niemand by die dans sou ń rok hê wat soos myne lyk nie. Dit pas by my styl en weerspieël my persoonlikheid.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media