Anja Labuschagne

Hoër Meisieskool Paarl

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is 'n unieke meesterstuk van ontwerp, bestaande uit twee materialetipes - 'n diepblou basis en 'n glinsterlap met geböe lyne wat my figuur op 'n elegante wyse beklemtoon. 'n Dramatiese sleep wat kan afhaak maak dit prakties om daarin te dans en voeg 'n adelike element tot die rok. Die rok spog met 'n assemetriese halsyn, ‘n lang blou mou aan een kant en 'n “sweetheart”-vorm aan die ander wat bietjie romantiese flair en vroulikheid byvoeg.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Paarl

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het my inspirasie gevind op Pinterest, waar ek 'n rok met 'n soortgelyke styl gesien het. Dit het my aandag getrek omdat dit twee verskillende gevoelens in een enkele ontwerp geïntegreer het. Die feit dat die rok uit twee verskeie materiale bestaan, het my geïnspireer om dié rok as basis te gebruik. Die eindproduk…’n perfekte kombinasie van ‘Moulin Rouge’ en ‘The Royal Albert Hall’. Die klere-onderwerpster, Lindi Gous, het my droomrok in ‘n werklikheid omskep.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is die harmonie van uiteenlopende elemente wat saamvloei in 'n uisonderlike geheel. Dit sluit in die rok se assimetriese halslyn, majestueuse sleep, en die verskeidenheid teksture van die materiale. Hierdie elemente wat saamsmelt is ‘n weerspieëling van my persoonlikheid en ietsie-van-alles menswees.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media