Anja de Jager

Stellenberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Stellenberg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok het gekom uit foto wat ek al van laerskool dae af saam met my dra van my droomrok en droomkleur en ook ’n begeerte om iets te dra wat beide elegant en uniek is, iets wat my persoonlikheid weerspieël. Ek wou graag ’n rok hê wat nie net mooi lyk nie, maar waarin ek ook selfversekerd en gemaklik kon voel. Die liggroen kleur het my dadelik aangetrek, omdat dit anders is as die tipiese donker kleure wat mens gewoonlik by sulke geleenthede sien. Dit herinner my aan natuur, rustigheid en iets vars, 'n rok perfek genoeg om ’n nuwe hoofstuk in my lewe te vier. Ek het ook inspirasie gekry uit rooi tapyt-rokke en ontwerpers wie se werk altyd daardie balans tref tussen eenvoud en detail. Die blink bo-kant het daardie bietjie glans wat ek wou hê vir die spesiale aand, terwyl die vloeiende romp vir my ’n tydlose, klassieke gevoel gee. Ek wou nie net ’n rok dra nie, ek wou ook 'n gevoel uitdra van trots en vreugde.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is beslis die boonste gedeelte met die fyn blink krale en borduurwerk. Dit vang die lig op so ’n pragtige manier en gee vir die rok daardie bietjie ekstra glans sonder om te oorweldig. Ek hou daarvan hoe dit ’n spesiale, feestelike gevoel gee en tog steeds stylvol en elegant bly. Dit laat my uniek en selfversekerd voel – presies soos ek wou voel op my matriekafskeid. Die detail by die halslyn en die manier waarop dit afgewerk is, is iets wat regtig vir my uitstaan.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media