Anja Coetzee

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Dit is 'n Victoriaanse styl rok met' n korset bostuk en elegante valle wat die rok 'n bietjie persoonlikheid gee. Ek het die snit gekies, omdat ek eg aan myself wou bly en' n rok na my hart wou hê. Die diep donker groen was 'n moet van die begin af wat my herinner aan die kalmte en prag van die woud. Die bietjie goud was daar nie net om dit' n bietjie iets anders in te bring nie maar het my ook adelik laat voel. Die ontwerpskeuse was met die intensie om my te laat voel soos n ware prinsess en die diamant van die aand op die groot dag.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie was dat dit 'n rok moes wees wat my laat voel soos n prinsess, die hoofkarakter in my storie. Ek wou hê dit moes 'n rok wees was keer op keer my asem sou wegslaan as ek in die spieël kyk. Dit moes my vat na een van my fiksie boeke vol avontuur en romans. Die rok wou ek hê moes iets wees wat my sou bly maak nie net omdat dit my rok is nie maar omdat dit n stukkie van my hart en persoonlikheid bevat. En ek moet sê ek het pragtig gevoel in die rok, my rok!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek het gehou van die asemetriese bostuk. Die een mou was die groen gevoude sy en die ander kant swart en goue kant met hier en daar 'n groen blink kristalletjie. Dié het ek gevoel het my rok die ekstra myl laat gaan.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media