Anina de Swardt

Hoërskool Frikkie Meyer

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok bestaan uit 5 verskillende lae materiaal wat verskillende kleure is. Die binneste nou gedeelte van my rok wat silwer is het 'n hoë slit. Dan volg 2 verskillende skakerings blou, pienk, pers en 'n glitter laag om die rok sy sparkle te gee. Die boonste deel van my rok is 'n korset, met 'n lae rug agter en 2 elegante moue. Die moue bestaan uit 3 verskillende kleure lae materiaal (pienk, blou en pers). Die korset gedeelte met sy elegante detail is waar ons begin rondspeel het. Johan Botha het my rok beskou as 'n kunswerk waarmee hy sy idees vrye teuels kon gee om die perfekte rok vir my te maak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Frikkie Meyer

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vandat ek begin dink het aan Matriekafskeid, het idees in my kop begin rondhardloop oor hoe my rok moet lyk. Ek kon nie besluit op net een kleur nie en het toe my 3 gunsteling kleure blou, pienk en pers gekombineer. Ek wou iets unieks gehad het wat ek geweet het geen ander meisie sal hê nie. Ek het na verskillende rokstyle gekyk waarvan ek gehou het en uit elkeen iets spesiaals geskies wat my oog getrek het in die rok en so al die idees bymekaar gesit om my droom rok te laat maak. Die kleur van die rok is ook heeltemal anders as my aanvanklike keuse maar toe die ontwerper dié materiaal as 'n 2de keuse wys het ek dadelik daarop verlief geraak en geweet ek gaan my droomrok kry wat my soos 'n prinses gaan laat voel. Te danke aan Johan Botha het my droomrok 'n werklikheid geword.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die moeilik om te kies omdat elke deel van die rok vir my uniek is en my persoonlikheid in elke opsig uitbeeld. Maar as ek moet kies is die korset my gunsteling gedeelte omdat daar baie tyd en werk daarin gesit is om dit so elegant en uniek as moontlik te maak.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media