Anika van der Linde
Hoër Volkskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Familie
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
In die begin het ek 'n prentjie in my kop gehad oor hoe my rok gaan lyk.
Maar toe ons rokke aangepas het, toe het my prentjie helemal verander. Dit wat aanvanklik gedink het gaan mooi lyk, het mooi gelyk, maar daar het heeltyd iets gekort.
Ek het dadelik toe ek my rok aangepas het, geweet dat hierdie die rok is vir my. Die eerste woorde wat ek vir my Ma gesê het, is dat hierdie die rok vir my is. En tweedens, dat dit Wednesday vibes gee.
My rok is beter as wat ek enigsins kon gehoop het, en dit pas presies by my persoonlikheid. Dit is elegant en klassiek. Stylvol en tydloos.
My rok lyk van vêr af eenvoudig, maar as jy van nader kyk, sien jy al die detail wat daarop is.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Alles en meer... My rok is een van my grootste drome wat waar geword het. As jong kind het ons altyd prinsess-prinsess gespeel en ons wou altyd prinsesse gewees het. My rok het my laat voel soos die mooiste prinsess wat na die bal toe gegaan het. My rok het die jong kind in my laat uitkom en weer prinsess-prinsess die dag laat speel. My rok wys ook vir my hoe vêr ek in die lewe al gekom het en hoe vêr ek nog moet gaan om nog drome te laat waar word. My rok is 'n simbool van volwassenheid. En hoe ek al in die lewe al gegroei het.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-03