Anika de Vries

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Van kleins af wou ek nog altyd 'n wynrooi rok gehad het. Ek het nooit geweet presies hoe ek wou hê die rok moes lyk nie, maar het aan die einde van graad 11 besluit om iets buite my gemaksone te kies. Ek wou 'n ontwerp hê waarop ander se reaksies "wow" moes wees. Ek het met al my idees en prentjies na my ontwerper, Gayle Wilkie van Pure Bridal Studio gegaan en sy het al my drome 'n realiteit gemaak. Toe ek die eerste keer die rok aangepas het, het ek soos 'n prinses gevoel. Nooit het ek gedink dat ek so gemaklik sou voel in 'n rok, wat ek gedink het buite my gemaksone sou wees nie. Die bostuk is ontwerp met behulp van belyning, om dit stabiel en afgerond te maak. Selfs met hierdie belyning was die rok baie gemaklik. Deur die aand het baie mense vir my gevra "hoe bly die rok so mooi in sy vorm?". Die onderstuk bestaan uit 2 lae materiaal. Die onderste laag is Zara satyn met Italiaanse tulle bo-oor.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou baie graag 'n stywe bostuk gehad het. Dit moes soos 'n handskoen pas. Tog wou ek nie gehad het dat die hele rok styf moes sit nie. Ek het baie rondgesoek en allerhande opsies oorweeg, maar niks het my oog gevang nie. Op 'n dag het ek 'n pragtige, soortgelyke, geel rok op sosiale media gesien en onmiddellik het ek geweet dit is wat ek wil hê. Van daardie dag af het ek my hart verloor op daardie ontwerp, en het nooit getwyfel oor my keuse nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Defnitief die manier hoe die rok geval en gevloei het as ek beweeg het. Ek het werklik soos 'n prinses gevoel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media