Anika de Ridder

Hoerskool Framesby

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My sprokiesrok is n weerspieeling van my karakter en menswees. Elke binker verteenwoordig oomblikke van vreugde, geluk en God se goedheid wat ek in my lewe ervaar het tot dusver. Johan Wolmarans die talentvolle ontwerper wat my sprokiesrok gemaak het en met die eerste oogopslag van die prentjie wat ek vir hom gewys het geweet hoe om die inspirasie in n werklikheid te verander. Vanaf klein dogtertjie droom ek van my eie pienk sprokiesrok met blinkertjies.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoerskool Framesby

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was die die woord "sprokiesverhaal". Dit was my geleentheid om hierdie sprokiesverhaalrok te kon dra. Elke blinkertjie verteenwoordig die blink dae wat ek in my loopbaan ervaar het, of dit nou op die verhoog was of op die sportveld of selfs op akademiese vlakke,daar was verseker vele blink oomblikke. Die blommetjies van verskillende groottes verteenwoordig hoe ek in n jong dame gegroei het en hoe ek in sekere stadiums geblom het as n dogter en ook steeds besig is om te blom en te groei. Die kleur van die rok was en is my gunsteling kleur vanaf graad 1. Ek het toe al gedroom van my eie pienk prinses rok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel was toe Johan Wolmarans die sprokiesrok waarvan ek net n prentjie van gehad het in my kop in die aantrekkamer inbring gebring het.Ek gesnak na my asem. Ek het nooit gedink dat n rok so perfek kan wees nie. Gepaard daarmee gaan die eerste aanpassing. Vir die eerste keer het ek nie net gevoel soos n prinses nie maar soos een gelyk. n Pienk prinses.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-07

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media