Anika Brink

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok is gemaak van tulle met satyn onder die tulle op die onderkant. Daar is spesifieke plooi-detail op die bokant en 'n draad wat met satyn oorgetrek is, gee ook effek aan die bostuk.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het in Graad 11 reeds 'n foto op Instagram gesien van 'n trourok. Ek het dadelik van die detail op die bostuk gehou en net geweet dat dit is hoe my rok moet lyk. Ek het eers later besluit oor die onderkant van die rok, aangesien dit vir my belangrik was dat die onderkant nie die aandag van die detail op die bostuk moes aftrek nie. Ek het geweet dat ek 'n groen rok wou hê. Toe ek hierdie skakering sien, het ek net dadelik geweet dat dit uniek en perfek is.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die bokant van my rok was my gunsteling deel. Die sagte, romantiese gevoel was 'n perfekte weerspieëling van my persoonlikheid.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media