Anieke Helmand

Oranje Meisieskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou gemaklik voel in my rok en voel dat die kleur en ontwerp iets van my persoonlikheid en aard weerspieël. Ek is 'n swemmer en lewe in die water! Die kleur en beweging van my rok gee my die gevoel van die see met branders wat ritmies vloei en breek.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Oranje Meisieskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is baie lief vir sport, maar het ook 'n liefde vir kuns en musiek. Die verskillende dele en lae van my rok simboliseer vir my die verskillende aspekte van myself, wat op die ou end saam vloei en beweeg as 'n geheel. Die bo-stuk van my rok is eenvoudig, met 'n sportiewe aanslag (bandjies en rug), terwyl die romp-gedeelte uit sagte lae bestaan, wat ritmies en meer romanties, maar speels, saamvloei en beweeg.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is absoluut mal oor die kleur van my rok en het gevoel soos 'n see-nimf! My rok het saam met my gedans -die beweging van die valle as ek draai , het my in vervoering gehad!

Datum van matriekafskeid?

2023-10-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media