Angelica Graham

Hoërskool Nelspruit

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Met ‘n paar idees vanaf Pinterest, was ek na my ontwerper, Diaan Daniels, toe. Ek wou iets gehad het wat n “statement” sou maak. Iets wat koppe sou laat draai en die gesprek van die aand sou wees. Ek het dit in sy hande gelos en hy het my verwagtinge heeltemal oortref. Dit was ‘n kleur totaal aan die ander kant van die kleurspektrum as wat ek oorspronklik in gedagte gehad het, maar ek het dit gelove! ‘n Tekort aan bling was daar beslis nie gewees nie! Ek sou die rit vanaf Nelspruit na Fourways een keer per maand vir 6 maande met liefde enige tyd weer aanpak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

As jong meisie was, en is ek steeds, baie sportief. Oefenklere, tekkies en ‘n poniestert was my “trademark”. Daarom dat dit só gepas was toe Diaan ‘n kort “cat-suit” voorgestel het. Na die rooitapyt het ek spoedig my hakke verruil vir gemaklike Nike Airforces - gereed om partytjie te hou! My grootste inspirasie vir my matriekafskeid - GLITTER! Dit wat my persoonlikheid uitbeeld!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Korset met al die detail, en die Swarovski knopies by my rug.

Datum van matriekafskeid?

2023-07-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media