Anelet Botha

Hermanus Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok is ’n uitrusting van die “Ladivine 2023 Reeks”, ontwerp deur Cincerella Divine, ’n ontwerpster van Los Angeles, California. Haar moderne “Corset” uitrustings het ons oog gevang. Die kleur blou het net die finale besluit maklik gemaak. Die uitrusting het so gemaklik gepas en ek het soos ’n prinses gevoel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

28 September 2023 - Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die oomblik toe ek die rok aangepas het, het ek soos 'n prinses gevoel. Ek wou van die begin af 'n tipe Cinderella bal rok gedra het en my rok moet skitter. Die moderne Korset idee was perfek by die ontwerp. Toe ek afstap op die rooi tapyt het die rok ge-skitter asof dit deur my "Fairy Godmother" gemaak was.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die oomblik toe ek dit aantrek het ek soos 'n prinses gevoel. Die kleur, die skitter, die korset het alles 'n rol gespeel. Ek het nooit ongemaklik gevoel in die rok nie. Die oomblik toe ek buite in die sonlig kom en ek spin - toe begin my fee-verhaal. Wat 'n ongelooflike aand met die beste metgesel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media