Anél Mostert

Hoërskool Wesvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ontwerp deur die bekende Kobus Rautenbach . Dit is ń “Hot Pink” noupassende rok.Die rok se bokant het ń V-nek met ń lae rug aan die agterkant.Die buitelyn van die rok is afgewerk met fyn ligpienk,rooi asook magenta kleur kristalletjies.Die skouers is versier met dramtiese maroon kleurige volstruisvere.Aan die agterkant van die rok is daar knoppies wat oorgetrek is met dieselfde kleur satyn as die res van die rok.Daar is ń spleet aan die linkerkant asook ń sleep aan die agterkant van my rok om aantesluit by die dramatiese volstruisvere op my skouers.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was Leandie Du Randt. In 2021 het ontwerper Lena Bester ń pienk rok vir Leandie ontwerp.Ek was mal daaroor met die eerste oogopslag en het daardie foto gekoester tot my spesiale dag.Ek het toe geweet dat ek ń pienk rok wil hê met iets dramaties op die skouers wat “anders” is.Aanvanklik was ek onseker of die pienk my sal komplimenteer maar min wetend kon daar nie ń meer perfekte kleur vir my wees.Die jaar 2023 het aangebreuk en ek moes besluit op ń kleur en styl vir my rok.Ek het daardie foto vir Kobus gewys met ander inspirasie fotos ook en ń paar maande later het ek my droom matriekafskeidrok.Sag,klassiek,stylvol en uniek.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Virseker die volstruisvere en die kleur van my rok.Dit beeld my liefde vir kuns uit en komplimenteer my persoonlikheid.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media