Ané Retief

Hoërskool Framesby

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Framesby

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het op n elegante champanje kleur rok besluit aangesien dit my nog altyd aan koninklikes laat dink het. Daar word baie vir my gesê dat ek ń mooi figuur het wat ek moet wys en dus het ek besluit dat my rok styf moet sit om my liggaamsvorm te komplimenteer. Ek wou genoeg beweeglikheid hê sodat ek lekker kon dans en myself geniet so dus het my rok effens uitgevloei aan die onderkant. Ek het ń toe rug gehad sodat die bandlose rok kon bo bly en ek nie ongemaklik was nie. Daar was n slit op my regterbeen wat definitief dans en loop vergemaklik het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Sprankel, skitter en skyn. 3 Woorde wat ek dink my persoonlikheid mooi uitbeeld. Ek wou myself in my rok weerspieël, eenvoudig maar stylvol. Eg maar steeds elegant. My inspirasie was om iets te ontwerp wat werklik ek is, tydloos vertoon en my selfvertroue uitstraal. Ek het eerlikwaar my eie prentjie in my kop gevorm en daarop verlief geraak. Dit was redelik uitdagend aangesien ek nie ń presiese prentjie gehad het om as leiding te dien nie ! Dus het ek nie geweet hoe dit gaan lyk totdat die finale produk klaar was nie. Ek sien my vroulikheid en persoonlikheid as die hoof inspirasie vir my rok.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-11

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media