Ek wou graag n rok kies wat uniek is en nie baie gesien word nie, dus het ek n sagte geel rok gekies. Die rok het my as persoon baie goed uitgebeeld. Die sagte geel kleur simboliseer sonlig en vrolikheid. Die snit gee n sagte romantiese en vroulike gevoel met n bietjie moderniteit. Al die verskillende aspekte van die rok het n deel van my uitgebeeld wat die rok nog meer spesiaal gemaak het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die korset bostuk, die sagte vloeiende materiaal en die kleur.