Ané Hall
Hoër Volkskool Potchefstroom
Tuisdorp
Ventersdorp
Skool
Hoër Volkskool Potchefstroom
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Esje’s design het my rok gemaak. Sy is absoluut fantasties, en het presies geweet wat ek wou hê. Ek het ń prentjie geskets van wat ek hou, en sy het dit selfs nog mooier gemaak as wat ek dit ooit kon indink.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok weerspieel my persoonlikheid, ek is saggeaard, daarom het ek die kleur só gekies. Die korter rokkie onder met die wyer rok bo-oor kan ek afhaal. Ek het dit só gekies want dis n veeldoelige rok, ek sal dit na n meer informele geleentheid kan aantrek. Dis basies n 2-in-een.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok weerspieel my persoonlikheid, ek is saggeaard. Die 2-in-een (kort rokkie met n lang wyer rok bo-oor) sinspeel daarop dat ek n baie praktiese mens is. My bypassende skoene (sneakers met blou lint) was n gewaagde besluit, wat daarop dui dat ek avontuurlustig is en berekende risiko’s vat. Ek het baie komplimente daaroor gekry!!
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die opgewondenheid om my unieke rok aan te kon trek. Om foto’s te neem en herinneringe te kon skep met my vriendinne.
Planne vir na matriek
Ek gaan Mikrobiologie en Biochemie by NWU in Potch studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Piekfyn
Datum van matriekafskeid
2025-10-03