Ané Christie

Ané Christie Ané Christie Ané Christie

Ouderdom

18

Tuisdorp

Rustenburg Safari Tuine

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Rustenburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van kleins af was ek nog altyd ’n bietjie materialisties en het ek ’n groot liefde gehad vir mooi, luukse en blink dinge. Ek was nog altyd aangetrokke tot alles wat elegant, uniek en opvallend is. Ek hou daarvan om mooi dinge te waardeer en ek glo dat die klein besonderhede soms die grootste verskil maak. Daarom was dit vir my belangrik dat my rok nie net mooi moes wees nie, maar ook my persoonlikheid en my liefde vir luuksheid moes weerspieël.

Ek het nog altyd daarvan gedroom om ’n rok te dra wat soos iets uit ’n sprokie lyk, met blinkertjies, sagte lae materiaal en ’n besonderse ontwerp. Die sjampanjegoue kleur met die ligte pienk ondertone het my dadelik aangetrek, omdat dit ’n sagte, elegante en luukse voorkoms skep. Die glinsterende materiaal en die dramatiese lae van die romp maak die rok vir my ekstra spesiaal. Ek hou daarvan dat die rok aandag trek sonder om sy elegansie te verloor.

My rok is vir my meer as net ’n mooi kledingstuk. Dit verteenwoordig my drome, my persoonlike styl en die klein dogtertjie in my wat nog altyd van mooi rokke en sprokiesprinsesse gehou het. Ek wou hê dat my rok iets moes wees waarna ek jare later kan terugkyk en steeds met trots kan sê dat dit presies was wat ek wou hê. Ek wou nie net ’n rok dra nie; ek wou iets dra wat my laat voel soos die beste weergawe van myself en wat my liefde vir alles wat mooi en besonders is, uitbeeld.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media