Ané Bester
Ouderdom
18
Tuisdorp
Plettenberg Bay
Skool en dorp/stad van skool
George
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou nie 'n tipiese matriekafskeidrok gehad het nie en daarom was ek op 'n missie om 'n unieke "ek" rok te kry. En toe ek die materiaal met die 3D blomme gesien het, het ek dadelik geweet dat dit die materiaal is waaruit my matriekafskeidrok gaan bestaan. Ek het nog altyd geweet dat ek vere en 'n strik op een of ander manier in my rok wou inkorporeer en ek dink dit is uitstekend uitgevoer. My rok het presies uitgekom soos die beeld in my kop en dit is iets waarin ek heel aand 100% gemaklik en soos myself gevoel het. My rok was so klassiek en stylvol.
