My inspirasie was om vir die spesiale aand te voel asof ek die wêreld kan verower. Ek wou prinses mooi lyk met styl en sonder om my integriteit prys te gee. Die rok het die eerste oomblik toe ek dit aanpas vir my laat voel dat ek en net ek in die rok pas.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok het my persoonlikheid laat uitstaan. Konserwatief maar ongelooflik baie pret. Die rok was presies wat ek al van gedroom het vandat ek n klein dogtertjie was. Die komplimente oor my rok was alles net n bonus, want in my hart het ek soos n prinses gevoel.