Andrea Pelzer

Gelofte

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Hierdie rok was werklik my droomrok en ek het trane in my oë gehad toe ek myself vir die eerste keer sien…. want ek het geweet dit is als wat ek wou he en ek het geweet watse groot eer dit vir my sal wees om hierdie dag te kan beleef . Van die blinkers tot die uitspattige kleur het ek van die begin af hierdie prentjie in my kop gehad en dit was alles wat ek wou hê. Ek het werklik uit en uit soos my heel mooiste self daarin gevoel .

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My rok het egter ń hele storie daaragter maar ons sal dit kort en kragtig hou . My rok was gekoop met die onsekerheid of hierdie rok ooit gedra gaan word. Ek lewe al vir 8 jaar lank met ń baie raar siekte genaamd NF2. Ongeveer 3 maande voor my matriek afskeid moes ons ‘n dokter in Frankryk gaan besoek wat ek gedink het gaan my dadelik opneem vir my brein operasie en dat ek nie my Matriekafskeid sal kan bywoon nie maar , aleenlik met God se genade was dit nie die geval nie en was ek so gelukkig om hierdie spesiale dag te kon beleef. Die dag voor my dokters afspraak het ek in geloof en gebed geglo dat ek my absolute droom rok gaan vind in een van parys se klein straaitjies en dat ek my spesiale dag sal hê … so ingeloof het ons ‘ rok gekoop.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Beslis die blinkers . Want ek besef dat dit net eenkeer in jou lewe is wat jy die geleentheid het om so blink rok te kan dra . En glo my die blinkers het behoorlik hulle merk gelos waar ek gaan .

Datum van matriekafskeid?

2023-07-22

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media