Ek het al vroeg in die jaar rokke begin aanpas en het heeltemal ’n ander styl en kleur ingedagte gehad….blou en wit met n bietjie van ‘n bling. Vir die tweede aanpassing om finaal te besluit, het hierdie rok op die mannekyn my oog gevang en ek het gesê ek wil net graag sien hoe dit op my lyk. Ek en my ma het mekaar net een kyk gegee en gesê…”wow, dis my rok en hoef nie verder te soek nie!”
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
“Bold and beautiful”…dit is wat my rok vir my beteken. Dit weerspieël en bring my persoonlikheid na vore…sterk en some dálk bietjie te groot…maar selfvertroue om my rok met grasie en styl te dra…en verseker ook n tikkie uniekheid.
Absolute styl en elegansie… iets so mooi dat wie dit ookal sien, die reaksie ‘n “WOW!”sal wees. En só, verseker n glow up van my alleges lewe as ‘n tiener in my skool rok en ponytail op die kop!