Anchené Pretorius

Hoërskool Monument

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is 'n tydlose smaraggroen satynontwerp met 'n oop V-hals, 'n hoë gesnyde slit en 'n opvallende teenstellende voering wat sigbaar is met beweging en wat 'n kontemporêre gevoel aan ‘n klassieke elegansie bring. Die keuse van smaraggroen was doelbewus omdat dit 'n luuksheid het wat met die smarag-juweel en die natuur wat kalmte uitbeeld geassosiëer word. Smaraggroen, pêrel, en goue juwele en bykomstighede het die rok goed aangevul vir die finale afronding.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is geïnspireer deur moeder natuur se juwele, kleure en blomme. Groen dui op lewe en groei wat plaasvind. Dit het idees in my laat ontvlam vir 'n pragtige rokontwerp wat my persoonlikheid en uniekheid aanvul. Hierdie rok simboliseer om van binne en buite mooi te wees, asook dat die buitekant se rustigheid en glans soms die binnekant se kwesbaarheid of kleurvolle opvallendheid kan verbloem. Dit weerspieël my persoonlikheid in dat ek my innerlike gedagtes, gevoelens, en kwesbaarhede slegs aan diegene wat ek diep vertrou en waardeer, openbaar ander beleef my rustigheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok is dat dit so ontwerp is dat dit heeltemal omkeerbaar is. Ek hou van die opvallende kontras binne my rok en dat die vloei en beweging van die materiaal net genoeg van my vel blootstel. Ek het soos 'n prinses gevoel. Die rok is binne-en-buite perfek gemaak.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media