Anchen Uys
Helpmekaar Kollege
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Tjokkertjie
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het die idee van ‘n ‘Bohemian’ styl rok in gedagte gehad maar met ‘n ‘twist’. Ek wou my rok effens ‘upstyle’ na ‘n moderner en eleganter voorkoms. Ek het die tradisionele patrone van ‘n tipiese ‘Boho’-rok saam gesmelt met ingebrande Swarovski’s en pêrels om my rok te eien aan myself en vir dit nuwe lewe te gee. Ek wou nogaltyd gehad het dat my rug ‘n ‘statement piece’ moes wees, daarom het ek ‘n semi-oop rug met die patrone rondom. Die skoene was net die perfekte toevoeging tot die rok: ‘n doodgewone wedge, aangesien die hele uitrusting saam die volledige beeld skep: ‘Smart’ maar gemaklik in wie ek is.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dit is vir my ‘n direkte weërspeling van wie ek is: Ek hou van ‘opdress’, maar ek is steeds gemaklik in my eie identiteit. Die rok het nie wie ek is verander toe ek dit aangetrek het nie, dit het veroorsaak dat ek myself in vol-kleur kon raaksien. Hierdie rok is ‘n 5K-kwaliteit beeld van wie ek is. Ek hou van elegansie en ‘finesse’, maar meer so hou ek daarvan om plat op die aarde te wees; gemaklik te wees in my eie vel; om te kan sê ek is Anchen sonder ‘n false beeld. Ek is wie ek is: Anchen sonder twyfel, ‘n Godvreesende dogter, ‘n hart van oorvloedige omgee en ‘n oor altyd bereid om te luister. Ek is wie God sê ek is, dus wys die rok my identiteit in Christus.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-04