Anandri Nel
Helpmekaar Kollege
Ouderdom
18
Skool
Helpmekaar Kollege
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My idees het konstant verander maar een ding het dieselfde gebly: ek wil myself in ń rok verander. My ontwerper, Izelle Otto, het my 100% vas gevang en uitgebeeld in die rok waarin ek was. Elke val, elke steuntjie en elke snit het wie ek is vas gevang. Die groen het by my bleek vel gepas soos ń handskoen. Dié is Anandri in ń rok.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Baie van ons gaan op Pinterest om te soek vir ń rok, maar ek kon nie een rok vind wat perfek is vir wat ek wou doen nie. My inspirasie het gekom van een van my drome af. Emerald groen, ń ordentlike slit maar wat steeds classy bly en my grootste inspirasie het gekom van die “bling” van my ma se matriekafskeid rok. Saamgestel is dit wat vandag my rok, my rok gemaak het.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel was die emerald groen wat by my vel, my oë en my hare gepas het. Ek wou nie my vel blasser laat lyk nie, maar liewer die unieke bleek in die kollig plaas. Izelle Otto het presies geweet hoe om dit reg te kry met die draping by my eerste fitting.
Datum van matriekafskeid
2025-10-04