Ananda Schutte

Ananda Schutte Ananda Schutte Ananda Schutte

Ouderdom

18

Tuisdorp

Bloemfontein

Skool en dorp/stad van skool

Hoërskool Sentraal

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My rok weerspieël my kontrasterende persoonlikheid, klassiek in eenvoud dog waaghalsig en propvol selfvertroue.
Ek wou my skooltrots uitbeeld in my skool se kleure, blou en geel.
Saam met my outentieke geel Volla was n blou rok vanselfsprekend. Die sagter, stemmiger blink van die materiaal is wie ek is, skitterende glans sonder om oordadig te wees.
Ek glo n dame het die voorreg om haar unieke persoonlikheid en vroulikheid met selfvertroue uit te leef tot die mate waarin sy gemaklik voel.

My rok skree: "Partytjie met styl", die presiese gevoel wat ek wou skep. Ek wou my skoolloopbaan afsluit op ń energieke, elegante wyse. My droomrok het gesorg vir borrelende opwinding wat my glansaand onvergeetlik gemaak het.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media