Anaïs Huyser

Helpmekaar Kollege

Tuisdorp

Constantia Kloof

Skool

Helpmekaar Kollege

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Natasha Gouws van VNG Designs

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die see, die son en skulpies is die hartklop van my inspirasie. Dit is my wêreld, my asem. Van kleins af was ek my pa se “little mermaid” en steeds vind ek my vreugde tussen die golwe. Ek leef vir die stilte en misterie van diepsee-duik en my droom om in Desember ’n seereddingkursus te voltooi, spruit uit daardie onblusbare liefde vir die oseaan. Saam met my ouboet vang ek graag diepseevis en in daardie oomblikke voel ek die see as deel van my wese. Elke steek van my rok dra hierdie verhaal; dit is ’n weerspieëling van wie ek is, ’n fluistering van die oseaan wat my siel altyd huis toe roep... en toe vir n bonus, wys ek bietjie been ook!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok, perfek soos ’n tweede vel, weerspieël my onblusbare liefde vir die oseaan. Dit beteken ek kon skitter net soos die oggendsonnetjie se glans op die onvoorspelbare oseaan!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt was verseker toe ons net na 5, in die laatmiddagson kon skitter terwyl ons die paadjie afgestap kom!

Planne vir na matriek

In Januarie 2026 gaan ek in Stellenbosch verder studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Hemels

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media