Amy Vockerodt

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is ‘n meisie wat die gemaklikste is in tekkies en oefen kleure en beslis nie rokke nie. Al wat ek veseker geweet het is dat my rok blou moes wees. Ek het ‘n klassieke, elegante styl gesoek wat ook modern is en wat by my persoonlikheid sal pas. Die rok moes ook gemaklik wees en saam met die hoë spleet was ‘n kort broekie ‘n moet. Die blou kant het net genoeg van ‘n “WOW faktor” aan die rok verleen, wat mens 2 maal sal laat kyk.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Omrede ek nie eintlik rokke dra nie, het ons vanaf die internet ‘n paar style gekombineer om iets te ontwerp wat by my persoonlikheid en bou sou pas. Ek glo almal is uniek en hoef nie noodwendig in te pas nie, jy moet gemaklik wees in jou eie lyf en styl.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die kleur van my rok het my blou oë baie laat uitstaan. Die kant detail op die bokant en op my broek het ‘n verdere elegansie verleen en het die rok mooi afgerond. My rok was baie gemaklik en ek kon vrylik rondbeweeg.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media