Amy-Lee Kritzinger

Hoërskool Stellenberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is uniek en het die mooiste detail. Ek was baie spesifiek oor die kleur groen wat ek my rok wou gehad het. Die toppie van my rok is 'n korset met gekruisde bandjies wat die krale van my romp op het en wat met die hand opgewerk is. Die material van my romp was moeilik om te vind, maar was definitief die moeite werd. Die bokant van my romp se krale was ook met die hand opgewerk sodat ek dit kon plaas presies soos ek dit wou gehad het. Daar is baie ure van beplanning en werk in my rok ingesit.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Stellenberg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My ma, Jonel Kritzinger, was my grootste inspirasie en sonder haar sou my rok nie so perfek gewees het nie. Sy maak nou al 'n paar jaar matriekafskeidrokke insluitend myne en van my vriendinne sin. My ander inspirasie was al my ma se vorige rokke saam, maar terselle tyd wou ek seker maak dit was oorspronklik en iets wat ek nog nooit gesien het nie. Ek, my sister en my ma het aande saamgesit en idees saamgegooi om by die finale ontwerp uit te kom en dit het die proses baie spesiaal gemaak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is verlief op die kleur van my rok, dit het perfek gepas by my hare, en my groen oë. Die materiaal van die romp het ook vir my uitgestaan en na ek dit vir die eerste keer gesien het, het ek dadelik gedink, dit moet my matriekafskeidrok se materiaal wees. Asook die agterkant van die rok wat my rug so mooi beklemtoon het. Dit is moeilik om net een gunsteling deel te kies.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media