Amy Erasmus
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Tydlose elegansie, unieke detail en ‘n hart vol Suid-Afrikaanse trots.
Vir my matriekafskeidrok wou ek ‘n rok hê wat nie net mooi is nie, maar ook ‘n storie vertel – my storie. Ek wou iets klassiek en elegant hê, met ‘n unieke element wat my persoonlikheid, my liefde vir die natuur en my Suid-Afrikaanse trots weerspieël.
Groen was van die begin af ‘n maklike keuse, want dit is ‘n kleur wat baie mense sê goed by my pas. Die Protea het die ware inspirasie agter my rok geword. Vir my simboliseer dit krag, groei en die vermoë om op jou eie manier te blom.
Ek wou hê hierdie besonderse blom moes die hart van my rok wees. Toe ons egter nie materiaal kon kry wat by my visie pas nie, het my ontwerper, Michelle Howell van Couture by Michelle Howell, die ekstra myl geloop en spesiaal vir my unieke Protea-materiaal geskep.
Ons het besluit op ‘n tydlose een-skouer-ontwerp met ‘n vloeiende romp wat elegansie en eenvoud perfek balanseer. Die Proteas is die ster van die rok, terwyl die ontwerp self die skoonheid van eenvoud beklemtoon. En natuurlik moes daar sakke wees! Vir my was dit van die begin af ‘n moet – want ‘n rok moet nie net pratgit lyk nie, maar ook prakties en gemaklik wees.
Ek wou nie net ‘n rok dra nie; ek wou iets dra wat betekenis het, iets wat my eie is en wat ek altyd met ‘n spesiale hoofstuk in my lewe sal verbind.
Vir my is my rok ‘n simbool van groei, indivualiteit en nuwe beginne.
