Amy Annandale

Hoërskool Transvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Oorspronklik was groen glad nie my kleur van keuse nie, maar toe ek hierdie besonderse olyf kleurige materiaal sien uitloer van die rakke kon ek klaar my rok insien! Januarie is ek na my ontwerper toe met my idee van my rok, na vele kreatiewe insigte van haar - was my rok reg om gemaak te word, en ek kan met volle eerlikheid sê dat ek nie vir beter kon vra nie. Die rok komplimenteer my totaal en al, dit is minimalisties maar los 'n onvergeetbare indruk!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Transvalia

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was my ma. Laasjaar het sy al begin planne maak vir my matriekafskeid sodat dit perfek loop en ek nie die stres op my skouers hoef te dra nie. Sy het my inspirasie fotos begin wys en na ek hoeveel rokke afgekeer het, het sy my 'n rok gewys wat my mond laat oopval het. Dit was perfek! Sy is my hero.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Hierdie rok het my soos 'n prinses laat voel. Die manier hoe hy geval het, hoe hy gedraai het toe ek gedans het en selfs hoe mooi die groen my oë gekomplimenteer het!

Datum van matriekafskeid?

2023-10-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media