Amoné Verwey

Hoërskool Jim Fouché

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Tierlantyntjies

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek hou bitter baie van helder kleure en gryp enige geleentheid aan om uit te staan en daarom het ek 'n helder oranje gekies! Ek versteek al vir drie jaar die visie van my rok en het presies geweet wat ek wou hê. My rok weerspieël my sprankelende persoonlikheid en liefde vir dit wat mooi is in die lewe. Die fyn detail op my rok verteenwoordig die klein dinge in die lewe wat soms blindelings verbygaan, maar tog so baie beteken.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rok verteenwoordig my menswees 100% . Ek is selfversekerd, selfstandig en gegrond in my waardes wat perfek aansluit by my helder oranje rok! Die elegansie van my rok en die silwer detail weerspieël my persoonlikheid en manier van dinge doen. Ek hou daarvan om elke aspek van my lewe te beplan en die resultate daarvan te geniet.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media