Amoné Janse van Rensburg

Hoërskool Noordheuwel

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok weerspieël my persoonlikheid 100%. Ek is nou nie juis iemand vir frillietjies en valletjies nie , plain , elegant en minimalisties is meer my ding! Die oop gedeelte op die rug van my rok het my so bietjie sexy laat voel vir die aand haha , die sleep was net lank genoeg en ek kon ook nou nie té “plain” lyk nie en dit is waarvoor die steentjies voor en agter op was. Ek is die introvert wat ‘n bloedrooi rok gedra het en niemand het dit verwag nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Noordheuwel

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My oorlede Ouma het altyd gesê “less is more”en dit is presies wat my rok is! Nie teveel nie maar ook glad nie te min nie. Ek wou stylvol lyk met ‘n rok wat my komplimenteer , tydloos is maar nogsteeds jonk is en in plain Afrikaans nie “stuck up” nie. Ek moet bieg ek het nooit gedink ek gaan rooi dra nie , maar dit was beslis die beste keuse.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek kan nie eintlik net een deel kies nie maar as móét dan sal ek die eenvoud van my rok maar tog met detail , veral die agterkant kies.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media