Amoné Coetzee

Hoërskool Dr Malan

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My matriekafskeid rok, 'n droom wat waar geword het. Ek het nooit gedink dat 'n ontwerper wat rokke vir Mej SA en Miss Universe ontwerp - eers die foon sou antwoord toe ek, 'n matriek meisie van Vereeniging haar bel nie...Net soos in die movies is ons met idees en plannetjies na Anel toe. En daar by haar sien ek voor my oë hoe sy die mooiste rok waarvan ek ooit kon droom teken net vir my. Niemand het nog ooit so rok gehad nie. En daai rok op haar papier word elke keer as ek gaan pas mooier en mooier, dit slaan my asem weg. En ek weet, dis hoe dit moet voel om 'n prinses te wees... Die prinses van my eie matriek-sprokies-mooi rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Dr Malan!

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was al die duisende rokke waarna ek al vir jare kyk. Ek het geweet dat ek 'n rok wou hê wat ek nog nie gesien het nie maar waarvan ek altyd gedroom het. Van 1 ding was ek seker ek wou blink/skitter/glitter, my rok, my oë, my fotos...

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was hoe dit my laat voel het. My rok het my asem weg geslaan maar dit was niks in vergelyking met hoe dit my laat voel het nie. Alles was perfek, van die pêrels tot by die slee... Fit for a princess

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media