Ammi Steyn

Eunice High School

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

“Unexpected Grace…” Eendag, nie so lank lank gelede nie, was daar ‘n kort, blonde meisie. Sy was baie opgewonde oor ‘n spesiale aand in die toekoms, waarna sy al jare lank uitsien. Sy wou baie graag op haar heel mooiste gelyk het! Om hierdie rede, het sy elke ekstra tydjie wat sy gehad het, foto’s bymekaargemaak van die mooiste rokke denkbaar en hulle almal gestoor op “Pinterest”. Watter rok sous sy kies…. Die moontlikhede was legio. En toe gebeur die ondenkbare.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Eunice High School

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Op ‘n dag, by Koekela, sonder dat sy dit beplan het, hang die mooiste rok. Eteries mooi- net soos die meisie. Heeltemaal uit die veld geslaan en glad nie soos een van haar prentjies nie. Maar sy was doodseker – dit was haar rok. Toe sy dit oor haar kop gooi, pas dit perfek- net soos Aspoestertjie se glasskoentjie. “Grace found a priceless treasure.”

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Douvoordag, saam met die hoenders, het sy en haar mamma 'n bos pronkertjies gaan pluk, haar gunsteling! Die vriendelike tuiniers het nog gese sy pluk soos 'n feetjie, en toe het hulle ingespring om te help. Die hele koninkryk se mense het saamgespan vir hierdie groot dag; Tannie Barbara, boetie Daniel, Tannie Christel, Oumas is ge-"videocall" om die vordering saam te beleef, Oom Theo met die "koets" en Labre se paleis. En toe die prins haar sien, was hy sprakeloos. Die sprokie het 'n werklikheid geword.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media