Amica Nieuwoudt

Stellenberg Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die dag toe ek my rok begin ontwerp saam met Jonel Kritzinger het die idee heeltemal anders gelyk as die eindproduk. Ons het die oorspronklike idee een kyk gegee en besef dat ek soos n strooimeisie sou lyk. Ek was baie gelukkig om iemand te hê wat my persoonlikheid ken en wat die beste vir my hê. Ek en sy het dadelik na ander ontwerp opsies begin kyk. Ek is haar ewig dankbaar want dit het gelei na my huidige rok waaroor ek tot op hede nog milioene komplimente oor kry.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Stellenberg Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Nadat ons my "strooimeisie" rok afgeskryf het, kon ons begin fokus op my perfekte matriekafskeid rok. Die inspirasie was om its elegant en buite my gemakzone te ontwerp. Ek wou n rok hê wat ek nog nooit van tevore gesien het nie - its wat ander mense as inspirasie in opeenvolgende jare sou gebruik. Van die snit tot die kleur van die materiaal moes anders wees en uitstaan.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is mal oor elke aspek van my rok, maar as ek nou moes kies sou dit my rok se material wees. Die material bestaan uit n onderste satyn laag. Dit voel ongelooflik teen jou vel en dit is n tydlose materiaal. Ons het toe nog n laag material gekoop. Dit is die blinker laag. Ons het geweet toe ons die twee bo-op mekaar pas dat dit "die een" is. Dit is my absolut gunsteling aspek van my rok.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media