Amelie Pelham

La Rochelle GHS

Tuisdorp

Paarl

Skool

La Rochelle GHS

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is beplan, ontwerp en handgemaak deur my Mamma Lizanne Pelham,liewe Ouma Engela du Plessis en raadgewende modeontwerper Alet Coetzee.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Enige uitrusting moet gemaklik en beweging aanmoedig. Ek en my metgesel Steph is ongelooflik lief vir dans en daarom wou ek ‘n aandrok dra wat beweging vrylik komplimenteer en terselfdertyd my soos ‘n handskoen pas, ‘n uitrusting as ‘n spontane verbeelding en tentoonstelling van my persoonlikheid. Die material wat ek gekies het was perfek vir die projek want dit personifiseer my speelse geaardheid, my gunsteling kleure en dis uniek en verbeeldingryk want elke persoon wat dit sien form ‘n unieke prentjie omdat die uitrusting die heeltyd van kleur verander afhangend van die toeskouer se invalshoek? So gee my emsemble betekenis aan die engelse spreekwoord ‘Beauty is in the eye of the beholder’ en ‘your point of view’ word deurlopend aangemoedig en deur die aanskouer uitgevoer. Die material keuse het dimensie en reflekteer lig wat lewe gee aan die rok wat onbeskryflik mooi is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My ensemble simboliseer my persoonlikheid en die vroulike inspirasie, spanwerk, samesyn en ondersteuning van drie generasies (ek, Mamma en Ouma). Dis ‘n erfstuk wat my vir altyd aan hulle verbind, ’n herinnering waarna ek kan terugkyk ,die kosbare tyd wat ek saam met hulle deurgebring het om die rok te ontwerp en letterlik op die dag van die matriekafskeid per hand op my lyf aanmekaar te werk en hoe lekker ons gelag en uitgestress het. My rok simboliseer vrouwees - ons moet kwesbaar, sensitief, veelsydig, aanpasbaar en relevant wees maar altyd buitengewoon, eksepsioneel, grasieus, toonaangewend, uniek, toeganklik en vreesloos voortekom.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt van die matriekafskeid was die samesyn saam met my metgesel Steph Van der Merwe en sy liefdevolle en ondersteunende ouers - Tannie Milan en Oom Schalk, my Mamma Lizanne,Ouma Engela en my sussies Brianna, Emma en Gabrielle en al my Larrie Vriendinne — dit was soveel meer as net ’n dans. Die aand was ’n mylpaal in ons skoolloopbaan, ’n geleentheid om mekaar te vier. Om te reflekteer hoe mooi ons almal geblom en volwassenheid bereik het.

Planne vir na matriek

Ek studeer in 2026 ‘n BCom Bestuur & Bemarkings Graad in Stellenbosch, ek beplan om in my vryetyd, deeltyds beroepkennis op tedoen, reis om die wereld te verken en mense- en kultuur kennis op te doen, miskien modelwerk, vrywillige en humanitere geleenthede deel te neem.

Gunsteling woord in Afrikaans

Smulpaap - Iemand wat daarvan hou om lekker en baie te eet.

Datum van matriekafskeid

2025-10-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media