Amelie Botha
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Soms begin die mooiste drome lank voordat hulle werklikheid word. My droom matriekafskeidrok het reeds in Graad 8 in my hart en verbeelding sy vorm begin aaneem. Terwyl ander meisies nog gedroom het oor hoe hul matriekafskeid sou lyk, het ek reeds geweet hoe my rok eendag gaan lyk. Ek het elke detail en elke valletjie in my gedagtes gekoester, totdat daardie droom uiteindelik ’n werklikheid geword het.
Ek was nog altyd iemand wat wou uitstaan en anders wees en ek weet my rok is ń perfekte simbool en refleksie van wie ek is. Die heel besondersste deel van my rok lê egter nie net in die ontwerp of die kleur nie. Onder die lae van my rok is daar ’n stukkie van my ma se eie matriekafskeidrok, wat sy 30 jaar terug gedra het. Ek het haar net onderrok onder aan die rok gedra om hom net daai bietjie ekstra volume te gee. Dit is ’n stukkie van haar herinneringe, haar jeug en haar eie matriekafskeid wat nou deel geword het van myne. Twee generasies se drome, saamgeweef in een rok.
Hierdie is regtig nie net bloot ’n rok nie ,dit is vyf jaar se droom, ’n leeftyd se liefde en ’n herinnering wat ek vir altyd sal by my sal dra.
