Amelia Kruger

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My ligte geel satyn rok het ‘n vierkantige neklyn, stywe middel en klein moutjies. Die romp se spleet is meer oop en dit het ‘n golwende flair. My visie vir die rok is ‘n werklikheid gemaak deur Rejanne Pratt, in Somerset-Wes.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het in graad 11 al ‘n rok gesien op Instagram en ek het onmiddelik geweet ek wil iets soortgelyk dra. Die styl my dink aan die aandrokke wat die karakters in die Netflix reeks ‘Bridgerton’ dra (van die 1800’s). Toe ek klein was, het ek altyd soos prinsesse aangetrek met tiaras en rokke. Daarom was hierdie rok perfek, dit het my teruggevat na my jeugdae van prinses-speel. Ek het heeltyd vir my ma gesê dat ek ‘n ligte geel rok wou dra, omdat ek so mal was oor prinses Belle en haar geel rok toe ek ‘n klein dogtertjie was.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is die ligte geel kleur van die satyn. Die unieke kleur het uitgestaan en dit het mooi my donker hare en vel gekomplimenteer. Ek het ook regtig elegant gevoel deur die aand, met die opgemaakte hare, lang oorbelle en grimering. Alles het net gepas by mekaar!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media