Amber-Leigh Nel

Curro Durbanville Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok moes baie eg aan my wees en ek dink dit het vir my perfek opgesom. Dit bring alles wat ek lief het bymekaar. Die linte, klein, delikate glas kristalle en die organza op die romp het my liefde van romantiese, prinses rokke perfek uitgebeeld. Ek hou daarvan om opsies te hê, en het dus ook my rok so ontwerp. Die moue kan maklik afgehaal word as mens te warm kry en ek het n lang stuk lint gehad wat ek kon gebruik het om my rok se sleep te "bustle" as dit in die pad gekom het. Al wat ek moes doen is om drie loops wat uit gare gemaak was op my sleep te vat en die lint daardeur te ryg. Die lint word dan om my middel vasgemaak in n mooi strik om die sleep weg van my voete te hou. Op die ou end, het omtrent 3 verskillende "looks" gehad op die aand.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My eerste inspirasie het gekom van die dromerige aandrokke van die 1950s. Ek het n hele Pinterest board propvol 'vintage' inspirasie gehad. Ek is n groot liefhebber van historiese kleredrag en die vloeiende rompe van die 1950s het my aandag gevang. Ek get een foto gesien van n 1950s aandrok mat n sagte, deurskynende laag chiffon of organza bo oor die romp gedeelte van die rok en dit was pragtig. Ek wou ook n romantiese, feëprinses kant aan my rok gegee het en het dus besluit op die moue, kristalle en strikkies. Ek wou hê my rok moes lyk asof dit behoort in 'n fantasie film waar die feëprinses deur 'n kasteel of 'n magiese woud hardloop

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die mense wat my goed ken wéét dat ek mal oor linte is. Ek het selfs as kind mooi linte en toutjies bymekaargemaak. Ek dra ook gereeld n blou lint in my hare skool. Toe ek sien dat ek linte op my moue kon sit was ek ekstaties. Dit is definitief een van my gunsteling dele van die rok. Dit het gevoel asof die rok ingeskakel get met my persoonlikheid. 'N ander gunsteling deel moet maar net die effense sleep wees. Dit het my wragtig laat voel soos 'n prinses wat deur n kasteel hardloop, wat definitief die einddoel was met my rok se ontwerp. Ek kon nie ophou in sirkels draai by my matriek dans nie. Die romp het soos die oseaan se golwe gelyk as ek gedraai het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media