Alzanne Kotzé

Afrikaans Hoër Meisieskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ń lilac-pers kleur, wat perfek inpas by die strate van Pretoria, die Jakarandastad in Oktober maand. Ek het besluit om vir ń eenvoudige en ligte rok te gaan, waarin ek gemaklik kan wees. Die rok sit styf om my bolyf en hang uit tot in die valle van die soom aan die onderkant- net soos ń jakarandablommetjie. Ek het besef die onderkant trek definitief al die aandag, maar daar kort iets bo, en so het ek besluit om my rok se bandjies van diamant-steentjies te maak, wat ook aansluit by my oorbelle en skoene se blink.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Na meer as 1000de pins van rokke op my Pinterest-board wat ek al versamel het van graad 8 af, het ń foto van dié rok eendag my oog gevang. Ek het dadelik geweet na die verskeie rokke en opsies, dat dit die een was ! Veral omdat ek na iets gesoek het met ń vars voorkoms wat jonkheid weerspieël. Toe ek die rok gesien het, het dit vir my gevoel asof ek na ń rok kyk wat my peroonlikheid presies beskryf- eenvoudig, maar met ń verkil.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is definitief die valle van die soom aan die onderkant en ook hoe gemaklik ek in hom was.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media