Allison van Wyk

La Rochelle Hoër Meisieskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou iets eenvoudig asook elegant gehad het. Ek wou dit eenvoudig hou, maar wou iets anders hê wat uniek was en uitstaan bo die res. Die kleur wat ek gekies het is ook een van my gunsteling kleure wat ek nie regtig in my elke dag klere dra nie, maar ek wou iets nuut probeer.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nie eintlik ń spesifieke inspirasie gehad nie, maar ek wou my persoonlikheid wys in my rok. Ek wou die gelukkige en die elegante kant van my uitbrei.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is die een mou op my skouer. Dit was nie regtig die oorspronklike idee om ń mou aan te werk nie. Dit was eintlik ń laaste oomblik besluit. Ek is so bly dat ek dit gekies het. Ek hou ook van die band wat ek om arm kon plaas om my gemaklk te laat stap.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media