Alizah Nolte
Hoërskool Wonderboom
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Hoërskool Wonderboom
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My inspirasie was ’n Sherri Hill-rok, maar ek wou dit met my eie flair iets besonders maak. Ek het die ontwerp effens aangepas sodat dit my persoonlikheid weerspieël en ’n bietjie meer uniek voel. Die patroon vir die drukwerk op die materiaal is deur myself ontwerp, waarna Buzuci Tekstieldrukkers die lap gedruk het. Die rok is daarna volgens my aangepaste patroon gemaak deur Alda Coetzer.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie vir my ontwerp is ’n klassieke Sherri Hill-rok, maar ek wou meer as net haar styl dra — ek wou iets van myself daarin vasvang. Ek het die ontwerp verfyn en aangepas om my persoonlikheid en kreatiwiteit te laat deurskemer, met sterker kleure en lyne en unieke besonderhede wat eie is aan my.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Vir meer as ’n jaar het ek met ’n foto op my foon rondgeloop. Toe ons uiteindelik begin om alles bymekaar te sit, was die teleurstelling groot, want nêrens kon ons die spesifieke patroon of materiaal kry wat ek so graag wou hê nie.
Ek het nie moed opgegee nie. Deur my eie ontwerp op die perfekte lap te laat druk het die rok my eie storie begin vertel. Dit het gevoel soos ’n sprokie wat waar geword het — die rok het soos ’n handskoen gepas, en die droom wat ek vir meer as ’n jaar gehad het, het uiteindelik ń werklikheid geword.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt was beslis die hele aand — van begin tot einde. Ek en ’n goeie vriend het saam gegaan, en toe ons by die venue aankom, het dit behoorlik gesous! Maar ons ouers en vriende het gesorg dat, selfs al stap ons in die reën in, daar gejuig sal word!
Die kos, die kuier, die lag en die gesels saam met vriende — en daardie gevoel om vir één aand soos ’n “million dollars” te lyk én te voel het dit ’n aand gemaak wat ek vir altyd sal onthou.
Planne vir na matriek
Ek gaan by die Universiteit van Pretoria Dierkunde studeer met oog op Veeartsenykunde.
Gunsteling woord in Afrikaans
Skoenlapper
Datum van matriekafskeid
2025-10-02